wynvirdiepyn.com - Home | Wyn Vir Die Pyn

Example domain paragraphs

Log In Store Shows Kontak Wynand Kotze MC, komediant, skrywer, akteur, motiveringspreker en verjaarsdagpadda Shows TOLLIE (PARTON) OP TOER! met Wynand Kotze  Tollie Parton is WynVirDiePyn, van TikTok, se liefdesbrief aan homself en ’n groot vet middelvinger aan enige iemand wat steeds dink gaywees is die groot onvergeefbare sonde. Hierdie Tollie dra geen beskerming nie en waarsku enige iemand om ’n myl vêr te staan as sy haar skote skiet. Onsmaaklik maar eerlik. Hartseer en dikwels aanstootlik snaaks - hou

Oor Hoe dit alles begin het Wynand Kotze is ’n plattelander met ’n ongesonde liefde vir gemmerkoekies. Hy word dikwels beskryf as ‘’reguit’’ en ‘’snaaks’’. Hy beskryf homself egter as ‘’gay’’ en ‘’voorbarig’’.

Hy het vroeg in sy lewe al besluit dat ten spyte van alles, hy vir homself ’n lewe wil bou waarop hy kan trots wees. Hy betaal toe meestal sy eie studies, verkoop sy siel vir sakgeld en besluit om homself met volk en vaderland te deel.