sitedevelopment.co.za - is under construction

Example domain paragraphs

Die Oog vakansie-oord is een van die land se voorste warmbron-vakansie-oorde. Die Oog kry sy naam van die natuurlike warmbron op die terrein waar die boorgatwater 42 grade Celcius is. Die oord bestaan al vir meer as 45 jaar en het al verskeie ontwikkelings ondergaan deur die jare.

Die oord het ‘n lieflike karavaanpark met 50 standaard kampeerplekke met elektrisiteit en koeltebome en voldoende ablusiegeriewe. Bring asb. jou eie blou “male” elektriese prop. Vir diegene wat meer privaatheid verkies, is daar 12 luukse karavaanstaanplekke, elkeen met sy eie badkamer, ingeboude braai onder dak en oop kombuisarea met ‘n wasbak en kassie. Aantal gaste: Beperk tot 6 mense per staanplek, met 1 voertuig, ‘n karavaan en/of 2 tente. Daar is ‘n fooi vir ekstra voertuie.

Die Oog vakansie-oord bied ‘n verskeidenheid van fasiliteite om jou vakansie meer pret en minder werk te maak. Dit sluit die volgende in: Warm- en kouewaterswembaddens, waterglybaan (“super tube”) en ander waterverwante fasiliteite Sportfasiliteite om jou en die kinders aktief en besig te hou Spyseniering- en skoonmaakdienste om jou lewe so gemaklik moontlik te maak tydens jou vakansie Wildkamp en staproetes om die natuur te kan geniet

Links to sitedevelopment.co.za (1)